Deuteronomy 28:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou seuns en jou dogters sal aan 'n ander volk gegee word, en jou oë sal kyk en die hele dag lank na hulle beswyk, en daar sal geen krag in jou hand wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal sien hoe jou seuns en dogters as slawe weggevoer word na ’n vreemde volk. Jou oë sal moeg word wanneer jy die hele dag kyk of hulle terugkom, maar jy sal magteloos wees om ’n hand op te lig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou seuns en jou dogters word aan 'n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen. |
| Afrikaans 1983 | Jou seuns en dogters sal aan 'n vreemde volk gegee word terwyl jy toekyk, en jou oë sal ingee soos jy die hele dag kyk of hulle terugkom, maar jy sal niks daaraan kan doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou seuns en jou dogters word aan 'n ander volk gegee, terwyl jy dit moet aanskou. Elke dag verlang jy na hulle, maar jy is magteloos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy sal sien dat ander mense jou kinders vat, jy sal elke dag na hulle verlang, maar jy sal niks kan doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy sal sien hoe jou seuns en dogters deur jou vyande weggevat word om sonder betaling vir ander te gaan werk, en jy sal niks daaraan kan doen nie. Jou hart sal breek soos jy na hulle verlang. Maar niks wat jy doen, sal iets aan die situasie verander nie. |