Deuteronomy 28:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou bees sal voor jou oë geslag word, en jy mag daarvan nie eet nie; jou esel sal met geweld voor jou aangesig weggeneem word en nie aan jou teruggegee word nie; jou skape sal aan jou vyande gegee word, en jy sal niks hê nie om hulle te red.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou bees sal voor jou oë geslag word, maar sonder dat jy ’n stukkie van die vleis daarvan kry om te eet. Jou donkie sal weggeneem word sonder dat dit ooit weer na jou toe sal terugkom. Jou skaap sal vir jou vyande gegee word sonder dat daar iemand sal wees om jou te help.
Afrikaans 1933/1953 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou 'n helper is.
Afrikaans 1983 Jou bees sal voor jou oë geslag word, maar jy sal nie daarvan eet nie. Jou donkie sal voor jou oë geroof word en nie weer aan jou terugbesorg word nie. Jou kleinvee sal aan jou vyande gegee word, en daar sal niemand wees wat jou help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou bees word voor jou oë geslag, en jy eet nie daarvan nie. Jou donkie word reg voor jou gesteel, en jy kry hom nie terug nie. Jou kleinvee word aan jou vyande gegee, en niemand sal jou help nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal sien dat iemand jou bees slag en jy sal nie van die vleis eet nie. Jy sal sien dat iemand jou donkie vat en jy sal nie die donkie terugkry nie. Jou vyande sal jou skape en bokke vat, en niemand sal jou help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal jou osse voor jou oë slag, maar hulle sal nie eens aanbied om vir jou ’n stukkie van die vleis te gee nie. Hulle sal jou donkie wegjaag en jy sal hom nooit weer sien nie. Jou vyande sal jou skape vir hulleself vat. Niemand sal jou help as hulle jou besteel en beroof nie.