Deuteronomy 28:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet 'n vrou verloof, en 'n ander man sal met haar gemeenskap hê; jy moet 'n huis bou en nie daarin woon nie; jy moet 'n wingerd plant en die druiwe daarvan nie pluk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy sal aan ’n vrou verloof wees, maar ’n ander man sal haar by haar slaap. Jy sal ’n huis bou, maar nie self daarin woon nie. Jy sal ’n wingerd plant, maar nooit die vrugte daarvan geniet nie.
Afrikaans 1933/1953 Jy sal jou met 'n vrou verloof, maar 'n ander man sal haar skend; 'n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; 'n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.
Afrikaans 1983 Jy sal aan 'n vrou verloof raak, maar 'n ander man sal haar verkrag; jy sal 'n huis bou, maar nie daarin woon nie; jy sal 'n wingerd plant, maar nie sy vrugte eet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Aan 'n vrou sal jy verloof raak, en 'n ander man sal haar onteer. 'n Huis sal jy bou, en nie daarin woon nie. 'n Wingerd sal jy plant, en die eerste vrugte daarvan nie geniet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal verloof raak aan 'n vrou, maar 'n ander man sal seks hê met haar. Jy sal 'n huis bou, maar jy sal nie daarin woon nie. Jy sal 'n wingerd plant, maar jy sal nie die druiwe eet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy sal aan ’n vrou verloof wees, maar hoor dat ’n ander man haar verkrag het. Jy sal ten duurste ’n huis bou, maar iemand anders sal daarin gaan bly. Jy sal ’n wingerd aanlê, maar iemand anders sal die vrugte daarvan geniet.