Deuteronomy 28:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy sal op die middag tas soos 'n blinde in die duisternis tas, en jy sal nie voorspoedig wees in jou weë nie; en jy sal altyd net verdruk en geplunder word, en niemand sal jou red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal in helder daglig rondtas soos wat ’n blinde in die donker rondtas en jy sal onsuksesvol wees in alles wat jy doen. Jy sal aanhoudend onderdruk en beroof word, en niemand sal tot jou redding kom nie.
Afrikaans 1933/1953 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar 'n helper is.
Afrikaans 1983 Jy sal op die helder middag rondtas soos 'n blinde rondtas in sy donkerte. Jy sal nie voorspoed ondervind nie. Jy sal aanhoudend verdruk en beroof word en daar sal niemand wees om jou te help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en jy sal helder oordag rondtas soos 'n blinde in die donker. Jy sal nie voorspoedig wees met wat jy onderneem nie, maar altyd net verdruk wees en beroof word, en daar sal geen helper wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal soos blinde mense wees, in die dag sal julle oral voel waar julle moet loop, soos mense in die donker, maar julle sal nie die regte pad kry nie. Mense sal julle laat swaarkry, hulle sal julle goed steel, en niemand sal julle help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy sal helder oordag rondtas en oor alles val, net soos ’n blinde mens wat niks kan sien nie. Alles wat jy doen, sal misluk. Jy sal verdruk word. En jy sal beroof word. Niemand sal aanbied om jou te help nie.