Deuteronomy 28:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal jou slaan met die skurfte van Egipte en met die sarella en met die skurfte en met die jeuk waarvan jy nie gesond kan word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here sal jou tref met die swere van Egipte, met gewasse, skurfte en jeuksiektes waarvan jy nie gesond sal word nie.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
Afrikaans 1983 Die Here sal jou tref met die swere van Egipte, met bloedvinte, uitslag en jeuksiektes, waarvan jy nie genees sal kan word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die Here sal jou tref met Egiptiese swere, swelsels, uitslag en skurfsiekte waarvan jy nie sal kan genees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal julle siek laat word van sere, soos in Egipte. Julle sal swere en aambeie kry, julle vel sal skurf word en jeuk en julle sal nie gesond word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here sal jou teister met die siektes wat jy in Egipte geken het.