Deuteronomy 28:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal jou verslaan voor jou vyande: jy sal op een pad teen hulle uittrek en op sewe paaie voor hulle uit vlug, en jy sal in al die koninkryke van die aarde wankel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here sal maak dat jy deur jou vyande verslaan word. Jy sal jou vyande van een kant af aanval, maar jy sal in sewe rigtings wegvlug. Jy sal ’n verbasing vir al die nasies van die aarde word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug -- en jy sal 'n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here sal jou laat vlug vir jou vyande. Uit een rigting sal jy teen hulle opruk, maar in talle rigtings sal jy voor hulle uit vlug. Jy sal bewe vir al die koninkryke van die aarde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die Here sal daarvoor sorg dat jy voor jou vyande verslaan word. Met een pad sal jy teen hulle uittrek, en met sewe paaie voor hulle uit vlug. Jy sal 'n skrikwekkende voorbeeld wees vir al die koninkryke van die aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle laat verloor teen julle vyande. Julle sal op een pad gaan om hulle aan te val, maar julle sal op sewe paaie wegvlug van hulle. Al die lande op die aarde sal bang word wanneer hulle kyk na julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sal jou vyande in staat stel om jou te wen. Jy sal jou vyande uit een rigting aanval, maar hulle sal jou in sewe rigtings jaag soos jy weghardloop. Al die mense van die aarde sal die kop oor jou skud. Jy sal bewe, so bang is jy vir ander nasies. |