Deuteronomy 28:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou neerdaal totdat jy verdelg is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal jou reën in sand en stof verander en dit sal uit die lug op jou neersak en jou verswelg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here sal stof en roet in jou land laat reën. Dit sal uit die hemel uit op jou afkom en jou uitdelg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal die reën van jou land stof maak; ja, fynsand sal uit die hemelruim op jou neerreën totdat jy uitgedelg is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal die reën van julle land soos poeier laat word, daar sal stof uit die lug val totdat julle almal gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal die bietjie reën wat val in stof verander en dit sal oor jou waai totdat jy geheel en al uitgeroei is. |