Deuteronomy 28:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal jou slaan met 'n vreet en met 'n koors en met 'n ontsteking en met 'n geweldige brand en met die swaard en met blaas en met muf; en hulle sal jou agtervolg totdat jy omkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal julle met tering, koors en inflammasie tref, met skroeiende hitte en droogte, met brandkoring en roes. Hierdie verskriklike dinge sal jou agtervolg totdat jy sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here sal jou tref met tering, inflammasie en koorssiekte, met hitte, met oorlog en met brandkoring en roes. Dit sal by jou bly totdat jy uitgewis is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal jou tref met uittering, ontsteking, koors, hittekoors, met droogte, skroeisiekte en witroes; dit sal jou teister totdat jy tot niet is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle siek maak, julle sal tering en koors kry, julle sal sere kry en opswel. Dit sal baie warm en droog word, daar sal siektes in die koring kom, en dit sal aanhou totdat julle almal gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal tering en inflammasie en koorssiektes stuur om jou lewe te vergal. Jou land sal ly onder hittegolwe en oorloë. Jou oeste sal vergaan omdat daar siektes en roes onder die plante kom. Hierdie moeilikhede sal al agter jou aanloop totdat jy heeltemal vernietig is. |