Deuteronomy 28:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal die pes aan jou laat kleef totdat Hy jou verteer het uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal siektes julle laat aantas totdat daar niemand oorbly nie in die land wat julle binnetrek om in besit te neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here sal peste en plae aan jou laat kleef totdat Hy jou uitgeroei het uit die land waarheen jy op pad is om dit in besit te neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal pessiekte aan jou laat kleef, totdat Hy jou uitgeroei het, weg van die grond waarheen jy op pad is om dit in besit te neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle siek maak, julle sal pes kry. Dit sal aanhou totdat julle almal gesterf het in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sal siektes stuur wat jou mense sal uitroei. Hulle sal doodgaan totdat daar later niemand meer in die land oorbly nie, die land wat jy binnekort sal ingaan om as jou eie land vir jou te vat. |