Deuteronomy 28:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal vloek, kwelling en bestraffing oor jou stuur in alles wat jy jou hand aan slaan om te doen, totdat jy verdelg is en totdat jy gou vergaan; vanweë die boosheid van jou handelinge waardeur jy My verlaat het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here self sal vervloeking, verwarring en straf bring oor alles wat jy doen, totdat jy uiteindelik heeltemal vernietig is oor al die slegte dinge wat jy gedoen het en omdat jy Hom verlaat het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here sal die vloek oor jou stuur, verwarring en terugslae in alles wat jy aanpak en doen, totdat Hy jou uitgeroei het en jou skielike ondergang bewerk het oor al die verkeerde dinge wat jy gedoen het deurdat jy Hom verlaat het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die Here sal vervloeking, ontsteltenis en bedreigings oor jou stuur, oor alles waaraan jy jou hand waag, wat jy ook al doen, totdat jy uitgedelg is, en vinnig verdwyn, omdat jy Hom deur jou bose dade verlaat het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle weggaan van die Here en as julle aanhou om slegte dinge te doen, dan sal Hy dit sleg laat gaan met julle. Julle sal nie vrede hê nie, julle sal bang wees. Dit sal aanhou totdat julle almal gesterf het, julle sal gou verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sal self teëspoed en moeilikheid oor jou pad stuur. Niks wat jy doen, sal uitwerk nie. Dit sal so aanhou totdat jy uiteindelik vernietig en bankrot is. Dit gebeur omdat jy slegte dinge gedoen het. Jy het die Here se pad verlaat. |