Deuteronomy 28:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God nie, om al sy gebooie en sy insettinge te hou wat ek jou vandag beveel; dat al hierdie vloeke oor jou sal kom en jou inhaal; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy weier om na die Here jou God te luister en nie gehoorsaam is aan al die opdragte en voorskrifte wat ek vandag vir jou gee nie, sal al die volgende vervloeking oor jou kom en jou oorweldig: |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. |
| Afrikaans 1983 | “As jy nie luister na die Here jou God nie en jy gehoorsaam nie al sy gebooie en voorskrifte wat ek jou vandag gee, en jy lewe nie daarvolgens nie, sal al hierdie strawwe oor jou kom en jou tref: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “As jy egter nie na die stem van die Here jou God luister deur al sy gebooie en vaste voorskrifte wat ek vandag vir julle voorskryf, nougeset na te kom nie, sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou tref: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar as julle ongehoorsaam is aan julle God die Here en as julle ophou om te doen wat sy wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee, dan sal die Here dit altyd sleg laat gaan met julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As jy weier om te doen wat die Here jou God jou beveel, sal teëspoed jou tref. Probleme sal jou oorweldig. |