Deuteronomy 28:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE sal jou die kop maak en nie die stert nie; en jy sal net bo wees, en jy sal nie onder wees nie; as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel, om dit te onderhou en te doen;
Afrikaans (NLV) 2011 As jy luister na hierdie opdragte van die Here jou God wat ek vir jou gee en dit noukeurig nakom, sal die Here jou die kop maak en nie die stert nie. Jy sal altyd die leiding neem.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,
Afrikaans 1983 [13-14] “As jy luister na die Here jou God se gebooie wat ek jou vandag gee, as jy hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe en nie ander gode aanhang en dien en so afwyk van alles wat ek jou vandag beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en sal jy altyd bo wees, nie onder nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal jou die kop maak, nie die stert nie. Jy sal net na bo beweeg, nie na onder nie, as jy gehoorsaam is aan die gebooie van die Here jou God wat ek jou vandag opdra om noukeurig na te kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle gehoorsaam is aan die wette van julle God die Here en as julle aanhou om te doen wat ek vandag vir julle sê, dan sal die Here sê julle is die kop, nie die stert nie. Julle sal altyd bo wees, nie onder nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As julle baie mooi luister wat die Here julle God vir julle beveel en julle doen presies wat Hy sê, sal Hy julle die belangrikste op aarde maak. Julle sal oor ander nasies heers. Julle sal altyd die sterkste wees.