Deuteronomy 28:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal jou oorvloedig maak in goed, in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrug van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here sal ’n oorvloed van goeie dinge vir jou gee in die land wat Hy aan jou voorouers belowe het: baie kinders, talle diere en goeie oeste. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal jou oorlaai met die goeie: met 'n nageslag, met die aanteel van jou vee, met die opbrengs van jou grond in die land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het om aan jou te gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die grond wat die Here aan jou voorvaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee, sal die Here aan jou ryke oorvloed skenk met die vrug van jou liggaam, die vrug van jou diere en die vrug van jou grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal dit baie goed laat gaan met julle. Julle en julle diere en julle grond sal vrugbaar wees in hierdie land, Hy het vir julle voorvaders belowe om die land vir julle te gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sal vir jou baie van al die goeie dinge gee in die land wat Hy vir julle oupagrootjies belowe het om vir julle te gee. Julle sal baie kinders hê en baie skape en beeste, en julle sal elke jaar rekordoeste hê. |