Deuteronomy 28:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jy ywerig luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te onderhou en te doen wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou verhef bo al die nasies van die aarde:
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy ten volle gehoorsaam is aan die Here jou God en die opdragte nakom wat ek jou vandag gee, sal die Here jou God jou bo al die nasies van die wêreld verhoog.
Afrikaans 1933/1953 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
Afrikaans 1983 “As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As jy aandagtig luister na die stem van die Here jou God deur al sy gebooie wat ek vandag vir jou voorskryf, nougeset na te kom, sal die Here jou God jou verhoog bo al die nasies van die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesê: “As julle waarlik gehoorsaam is aan julle God die Here, as julle alles doen wat sy wette sê wat ek vandag vir julle gee, dan sal julle God die Here vir julle die belangrikste volk op die aarde maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moet baie goed luister na wat die Here jou God vir jou sê om te doen. As jy alles doen presies nes Hy vir jou sê en jy gehoorsaam is om alles te doen wat Hy jou beveel, sal dit goed gaan met jou. Die Here sal jou belangriker maak as enige ander nasie op aarde.