Deuteronomy 27:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy moet die altaar van die HERE jou God bou van heel klippe, en jy moet daarop brandoffers aan die HERE jou God bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie dit met gekapte klippe bou nie. Offer brandoffers op die altaar vir die Here jou God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die HERE jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die HERE jou God. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet die altaar vir die Here jou God bou van onbewerkte klip en daarop moet jy jou brandoffers aan die Here jou God offer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met onbewerkte klippe moet jy die altaar vir die Here jou God bou. Jy moet •brandoffers vir die Here jou God daarop bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die altaar bou van heel klippe en julle moet brand-offers op die altaar offer vir julle God die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie die klippe op enige manier kap nie. Op hierdie altaar moet jy offers aan die brand steek vir die Here jou God. |