Deuteronomy 27:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, as julle deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe wat ek julle vandag beveel, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met pleister pleister. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nadat julle die Jordaan oorgesteek het, gaan sit hierdie klippe by Ebalberg neer. Wit dit dan met kalk af, soos wat ek jou vandag beveel. |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk. |
| Afrikaans 1983 | Nadat jy deur die Jordaan getrek het, moet jy die klippe waaroor ek nou net opdragte gegee het, op Ebalberg opstapel en moet jy hulle met kalk afwit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sodra julle oor die Jordaan is, moet julle hierdie klippe, waaroor ek nou vir julle opdrag gee, regop neersit op die berg Ebal en dit met kalk afwit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het, dan moet julle daardie klippe regop gaan sit op die Ebal-berg en julle moet hulle wit verf met kalk. Ek het vandag met julle oor daardie klippe gepraat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer jy oor die Jordaan gaan, moet jy hierdie stene op Ebalberg pak. En jy moet hulle wit verf, net soos ek julle vandag beveel. |