Deuteronomy 27:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet al die woorde van hierdie wet op hulle skrywe as jy deurgetrek het, dat jy kan ingaan in die land wat die HERE jou God jou gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning; soos die HERE, die God van jou vaders, jou beloof het.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer jy die rivier oorsteek om die land binne te trek wat die Here jou God vir jou gee, moet jy al hierdie gebooie daarop neerskryf. Dis ’n baie vrugbare land wat die Here, die God van jou voorouers, jou beloof het.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, soos die HERE, die God van jou vaders, jou beloof het.
Afrikaans 1983 Wanneer jy deurtrek om die land in te gaan, die land wat die Here jou God aan jou sal gee, die land wat oorloop van melk en heuning, soos die Here jou God aan jou voorvaders beloof het, moet jy al die woorde van hierdie wet op die klippe skryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en al die woorde van hierdie wet daarop skryf, wanneer jy oortrek, sodat jy dan die land wat die Here jou God vir jou gaan gee, kan binnegaan – die land wat oorloop van melk en heuning – soos die Here, die God van jou voorouers, jou beloof het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet al die woorde van hierdie wet op die klippe skryf wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het om in die land in te gaan wat julle God die Here vir julle gee. Dit is 'n land waar daar baie melk en heuning is. Die Here, die God van julle voorvaders, het dit vir julle belowe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skryf dan alles op hierdie klippe neer wat die Here julle beveel het, wat sy ooreenkoms met julle is. Ek herhaal: binnekort gaan julle oor die rivier die land in wat die Here julle God vir julle gee. Dit is ’n land waarin daar oorgenoeg is van alles. Dis net soos die Here julle oupagrootjies en oumagrootjies belowe het.