Deuteronomy 27:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vervloek is hy wat loon ontvang om 'n onskuldige persoon dood te maak. En die hele volk moet sê: Amen!
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Vervloek is elkeen wat omkoopgeld aanneem om iemand anders dood te maak.’ En die hele volk moet antwoord: ‘Amen.’
Afrikaans 1933/1953 Vervloek is hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om 'n persoon -- onskuldige bloed -- dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.
Afrikaans 1983 “Daar rus 'n vloek op elkeen wat omkoopgeld aanvaar om 'n onskuldige dood te maak! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Vervloek is die een wat 'n omkoopgeskenk aanvaar om 'n persoon wat onskuldig is aan bloedvergieting, dood te slaan.’ En die hele volk moet ‘Amen’ sê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat geld neem en dan onskuldige mense laat sterf.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat bereid is om ’n ander mens dood te maak omdat hy daarvoor betaal word. “Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’