Deuteronomy 27:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vervloek is hy wat met sy vader se vrou gemeenskap het; want hy het sy vader se mantel ontbloot. En die hele volk moet sê: Amen!
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Vervloek is elkeen wat seksuele gemeenskap met die vrou van sy pa het, want hy het sy pa oneer aangedoen.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’
Afrikaans 1933/1953 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.
Afrikaans 1983 “Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met sy pa se vrou, want hy het haar wat aan sy pa behoort, ontbloot. “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Vervloek is die een wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die naaktheid ontbloot wat aan sy vader behoort.’ En die hele volk moet ‘Amen’ sê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat seks het met sy pa se vrou, want hy verneder sy pa.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat by sy pa se vrou slaap, want hy het nie sy pa geëer nie. “Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’