Deuteronomy 27:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vervloek is die man wat enige gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die HERE, die werk van die hande van 'n ambagsman, en dit in 'n skuilplek sit. En die hele volk moet antwoord en sê: Amen!
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Vervloek is elkeen wat ’n afgodsbeeld uitkerf of giet en dit in die geheim aanhou. Hierdie afgode is die werk van ambagsmense, hulle is afskuwelik vir die Here.’ Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen.’
Afrikaans 1933/1953 Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die HERE, werk van 'n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.
Afrikaans 1983 “Daar rus 'n vloek op elkeen wat 'n afgodsbeeld uitsny of giet en dit in die geheim êrens neersit om te vereer. Die Here het 'n afsku daarvan. Dit is mensewerk. “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Vervloek is die mens wat 'n gesnede beeld en 'n gegote beeld maak – iets wat vir die Here afstootlik is, die handewerk van 'n vakman – en dit in die geheim êrens oprig.’ Die hele volk moet dan antwoord en ‘Amen’ sê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ‘Ons vervloek elke persoon wat 'n beeld maak en wat dit dien waar niemand anders dit sien nie. Die Here haat dit. 'n Beeld is iets wat 'n ambagsman maak.’ En die hele volk moet dan sê: ‘Ja, dit sal so wees.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘Dit sal sleg gaan met elkeen wat vir hom ’n beeld van ’n afgod maak, dit êrens neersit waar ander dit nie kan sien nie, en dan voor daardie beeld buig en dit aanbid. Afgode is mensewerk. Hulle is walglik vir die Here. Hy kan so iets nie verdra nie.’ “Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’