Deuteronomy 26:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het ons uit Egipte uitgelei met 'n sterke hand en met 'n uitgestrekte arm en met groot verskrikking en deur tekens en wonders.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur sy groot krag het die Here ons met magtige dade en wondertekens uit Egipte gelei.
Afrikaans 1933/1953 en die HERE het ons uit Egipte uitgelei deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade en deur tekens en wonders;
Afrikaans 1983 Die Here het ons uit Egipte laat wegtrek deur magtige dade, kragtige groot dade wat vrees ingeboesem het, tekens en wonders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die Here het ons met 'n sterk hand en uitgestrekte arm uit Egipte uitgelei, ja, met 'n vreesaanjaende magsvertoon, met tekens van mag en wondertekens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ons toe uit Egipte gebring met sy groot krag. Hy het daardie mense baie bang laat word, Hy het tekens en wonderwerke gedoen,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here ons uit Egipte gered. Hy het wonderlike dinge gedoen, want Hy is baie sterk. Die dinge wat Hy gedoen het om ons te red, was net ongelooflik!