Deuteronomy 26:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ons die HERE, die God van ons vaders, aangeroep het, het die HERE ons stem gehoor en ons ellende en ons arbeid en ons verdrukking gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 het ons tot die Here, die God van ons voorouers, geroep. Hy het ons gehoor en ons swaarkry, harde werk en onderdrukking raakgesien.
Afrikaans 1933/1953 Toe het ons die HERE, die God van ons vaders, aangeroep; en die HERE het ons stem gehoor en ons ellende en ons moeite en ons verdrukking aangesien;
Afrikaans 1983 Ons het na die Here die God van ons voorvaders om hulp geroep, en Hy het ons gehoor. Hy het ons ellende en ons swaarkry raakgesien en gesien hoe ons verdruk word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het ons na die Here, die God van ons voorouers, om hulp geroep. Die Here het ons gehoor en ons ellende, ons swaarkry en ons verdrukking raakgesien;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het gebid tot die Here, die God van ons voorvaders, en ons het gevra dat Hy ons moet help. Hy het ons gebed gehoor en Hy het gesien hoe hulle ons verdruk. Hy het gesien hoe sleg dit met ons gaan en hoe swaar ons kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het ons na die Here geroep. Ons het Hom gevra om ons van die Egiptenaars te red. Hulle het ons baie hard laat werk sonder om ons te betaal en hulle het ons verdruk. Maar God is die God van ons oupagrootjies en oumagrootjies. Hy het gehoor toe ons roep. Hy het gesien hoe sleg ons behandel word en hoe swaar ons daar kry.