Deuteronomy 26:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet spreek en voor die aangesig van die HERE jou God sê: My vader was 'n Arameër wat gereed was om te vergaan, en hy het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met 'n paar, en daar 'n groot, magtige en bevolkte nasie geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet dan in die teenwoordigheid van die Here jou God sê: ‘My voorouer was ’n Arameër wat rondgeswerf het en in Egipte gaan bly het. Sy familie was maar klein, maar in Egipte het hy ’n groot en talryke nasie geword.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God verklaar en sê: My vader was 'n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar 'n groot, magtige en talryke nasie geword.
Afrikaans 1983 “Jy moet dan in die teenwoordigheid van die Here jou God sê: ‘My vader was 'n Arameër wat van plek tot plek getrek het. Hy het na Egipte toe gegaan en met min mense daar as vreemdeling gaan woon. Daar het hy 'n groot, sterk en talryke nasie geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet jy voor die Here jou God bely en sê, ‘My vader was 'n rondswerwende Arameër. Hy het na Egipte afgegaan en met min mense as 'n •vreemdeling tydelik daar gaan woon. Daar het hy 'n groot nasie geword, magtig en talryk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet jy begin praat, jy moet sê waar jou God die Here dit kan hoor: ‘My voorvader was 'n Arameër wat rondgeswerf het. Hy het na die land Egipte gegaan, en hy en 'n klein groepie mense was daar vreemdelinge. Maar ons het daar 'n groot en sterk volk geword, ons is nou baie mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet dan daar waar die Here jou God self teenwoordig is, sê: ‘My oupagrootjie Jakob was ’n Arameër wat oor die aarde getrek het omdat hy geen grond van sy eie gehad het nie. Toe het hy in Egipte gaan bly. Sy familie was klein. Hulle was ’n handjie vol mense. Maar in Egipte het hulle baie geword. Hulle het ’n groot nasie geword wat baie sterk was.