Deuteronomy 26:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet na die priester gaan wat in daardie dae sal wees, en vir hom sê: Ek bely vandag aan die HERE jou God dat ek gekom het in die land wat die HERE aan ons vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan na die priester wat dan aan diens is en sê vir hom: ‘Met hierdie gawe erken ek dat die Here jou God my in hierdie land ingebring het wat Hy aan ons voorouers beloof het.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | en na die priester kom wat daar in die dae sal wees, en jy moet vir hom sê: Ek verklaar vandag aan die HERE u God dat ek in die land gekom het wat die HERE aan ons vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet na die priester toe gaan wat in daardie tyd daar sal wees, en vir hom sê: ‘Ek verklaar vandag voor die Here u God dat ek gekom het in die land wat die Here met 'n eed aan ons voorvaders beloof het om aan ons te gee.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer jy by die priester aankom wat in dié dae daar sal wees, moet jy vir hom sê, ‘Ek maak vandag aan die Here u God bekend dat ek aangekom het in die land wat die Here met 'n eed aan ons voorvaders beloof het om aan ons te gee.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet gaan na die priester wat in daardie tyd daar sal wees, en jy moet vir hom sê: ‘Ek sê vandag hier waar die Here dit ook kan hoor: Die Here het vir ons voorvaders belowe dat Hy hierdie land vir ons sal gee, en ek het nou in die land gekom.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan dan na die man wat daar in die diens van die Here staan. Sê vir hom: ‘Ek het ’n geskenk vir die Here my God gebring, want dit is Hy wat my in hierdie land gebring het, en dis Hy wat hierdie land vir my gegee het. Hy het mos al vir my oupagrootjies belowe dat Hy dit sal doen.’ |