Deuteronomy 26:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat jy moet neem van die eerste van al die vrugte van die aarde wat jy van jou land sal bring wat die HERE jou God jou gee, en jy moet dit in 'n mandjie gooi en gaan na die plek wat die HERE jou God sal kies om sy naam daar te plaas.
Afrikaans (NLV) 2011 sit van die eerste opbrengs van elke oes in ’n mandjie en bring dit na die plek waar die Here jou God sal verkies dat sy Naam geëer word.
Afrikaans 1933/1953 dan moet jy neem uit die eerstelinge van al die vrugte van die land wat jy inbring uit jou land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in 'n mandjie sit; en jy moet gaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon,
Afrikaans 1983 moet jy van elke eerste oes wat jy insamel in die land wat die Here jou God aan jou gee, 'n deel vat en dit in 'n mandjie sit en daarmee na die plek toe gaan wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te laat woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet jy van die eerste opbrengs van al die vrugte wat jy oes op die grond van die land wat die Here jou God aan jou gee, neem en in 'n mandjie sit. Gaan dan na die plek wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te vestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet jy van die eerste vrugte neem wat jy gepluk het in die land wat jou God die Here vir jou gee en jy moet die vrugte in 'n mandjie sit. Jy moet gaan na die plek wat jou God die Here sal kies waar julle Hom moet aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet jy elke jaar die eerste deel van die oes neem wat jy in daardie land plant en oes, en dit in ’n mandjie pak. Dan moet jy daarmee na die plek toe gaan wat die Here jou God sal kies om in te bly. Dit is die plek waar jy die Here moet dien.