Deuteronomy 26:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en om jou hoog te maak bo al die nasies wat Hy gemaak het, in lof en in naam en in eer; en dat jy 'n heilig volk vir die HERE jou God kan wees, soos Hy gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy so maak, sal Hy jou groter maak as enige ander nasie. Dan sal jy lof, eer en roem ontvang. Jy sal ’n heilige volk vir die Here jou God wees, soos wat Hy beloof het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot 'n lof en 'n roem en 'n sieraad, en dat jy 'n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het. |
| Afrikaans 1983 | dat Hy jou oor al die nasies wat Hy gemaak het, sal stel en aan jou meer lof en roem en eer sal gee as aan hulle, en dat jy 'n volk sal wees wat aan die Here jou God gewy sal wees soos Hy beloof het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal jou bo al die nasies wat Hy gemaak het, verhoog, tot jou lof en roem en eer, en sodat jy 'n heilige volk vir die Here jou God kan wees, soos Hy beloof het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal julle belangriker maak as al die ander volke wat Hy gemaak het. Almal sal julle prys, almal sal weet van julle en hulle sal julle respekteer. Julle sal die gewyde volk van julle God die Here wees, soos Hy belowe het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle dit doen, maak Hy julle groter as enige ander nasie op aarde. Dan sal almal na julle opsien. Hulle sal vertel hoe beroemd en sterk en ryk julle is. Julle is ’n nasie wat eenkant gesit is om die Here te dien. So belowe die Here jou God.” |