Deuteronomy 26:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy het die HERE vandag bekend gemaak om jou God te wees en in sy weë te wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge te onderhou en na sy stem te luister. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het vandag verklaar dat die Here jou God is. Jy het belowe om al die voorskrifte, opdragte en bepalings te gehoorsaam deur in sy weë te wandel en alles te doen wat Hy jou beveel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou 'n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister. |
| Afrikaans 1983 | Jy het vandag verklaar dat die Here jou God is, en dat jy volgens sy wil sal lewe, dat jy sy voorskrifte en gebooie en bepalings sal gehoorsaam en dat jy na Hom sal luister. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir die Here het jy vandag jou woord gegee dat Hy jou God sal wees, dat jy sy paaie sal volg, sy vaste voorskrifte, sy gebooie en beslissings sal nakom en na sy stem sal luister. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het vandag gesê dat die Here julle God sal wees. Julle het belowe dat julle sal lewe soos Hy wil hê, dat julle alles sal doen wat sy wette sê, dat julle gehoorsaam sal wees aan Hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy het mos gesê dat die Here jou God is. Jy het vandag gesê dat Hy jou volk se Regeerder moet wees. En jy het belowe dat jy alles sal doen wat Hy sê. Jy sal doen wat Hy jou beveel. |