Deuteronomy 26:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vandag het die HERE jou God jou beveel om hierdie insettinge en verordeninge te doen; jy moet dit dan onderhou en doen met jou hele hart en met jou hele siel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here jou God beveel jou vandag om al hierdie voorskrifte en bepalings na te kom. Verbind jou van harte daartoe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vandag beveel die HERE jou God jou om hierdie insettinge en verordeninge na te kom; onderhou dan en doen dit met jou hele hart en met jou hele siel. |
| Afrikaans 1983 | “Die Here jou God beveel jou vandag om volgens hierdie voorskrifte en bepalings te leef en om hulle te gehoorsaam. Jy moet dit doen met hart en siel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Vandag beveel die Here jou God jou om hierdie vaste voorskrifte en wette uit te voer. Jy moet dit met hart en siel nakom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle God die Here het vandag vir julle gesê dat julle moet doen wat Hy gesê het en wat Hy besluit het, julle moet dit doen met julle hele hart en lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here jou God sê vandag vir jou dat jy haarfyn alles moet doen wat Hy jou beveel. Jy moet presies maak soos Hy vir jou sê. Jy moet dit alles doen sonder om vir een oomblik jou eie kop te volg. |