Deuteronomy 26:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk af uit u heilige woning, uit die hemel, en seën u volk Israel en die land wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met 'n eed beloof het, 'n land wat oorloop van melk en heuning. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk tog af uit u heilige woning in die hemel en seën u volk Israel en hierdie vrugbare land wat U aan ons gegee het, net soos U plegtig aan ons voorouers beloof het.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk tog uit u heilige woning, uit die hemel, neer en seën u volk Israel en die land wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met 'n eed beloof het, 'n land wat oorloop van melk en heuning. |
| Afrikaans 1983 | Kyk tog af, Here, uit u heilige woonplek, uit die hemel, en seën u volk Israel en die land wat U aan ons gegee het soos U aan ons voorvaders met 'n eed beloof het, 'n land wat oorloop van melk en heuning.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk tog af uit u heilige woning, uit die hemel, en seën u volk Israel en die grond wat U vir ons gegee het, net soos U dit met 'n eed beloof het aan ons voorvaders – 'n land wat oorloop van melk en heuning.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ ‘Here, U moet afkyk uit u gewyde woonplek in die hemel. U moet u volk seën en ook die land wat U vir ons gegee het. U het vir ons voorvaders belowe dat U vir ons 'n land sal gee waar daar baie melk en heuning is.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom, Here, laat daar nou ’n glimlag op u gesig wees as U na my kyk. Kyk na my daar van die plek af waar U bly en maak u volk Israel voorspoedig in alles wat hulle doen. Laat hulle land ook oorgenoeg hê sodat al die mense in die land genoeg het om te eet. U het mos ons oupagrootjies en oumagrootjies belowe dat U dit sal doen.’” |