Deuteronomy 26:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God sê: Ek het die heilige gawes uit my huis weggebring en dit ook aan die Leviet en aan die vreemdeling, aan die wees en aan die weduwee gegee volgens al jou gebooie wat U my beveel het: ek het u gebooie nie oortree nie, en ek het dit nie vergeet nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moet jy in die teenwoordigheid van die Here jou God verklaar: ‘Ek het hierdie heilige gawe uit my huis geneem en dit aan die Leviete, vreemdelinge, weeskinders en weduwees gegee net soos U my beveel het. Ek het nie een van u opdragte oortree of vergeet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God sê: Ek het die heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens u gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie. |
| Afrikaans 1983 | Dan moet jy in die teenwoordigheid van die Here jou God sê: ‘Ek het die gewyde deel uit my huis uit weggeneem en aan die Leviet, die vreemdeling, die weeskind en die weduwee gegee soos U my beveel het in al u gebooie. Ek het nie een van u gebooie oortree nie. Ek het hulle nie vergeet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet jy voor die Here jou God verklaar, ‘Ek het die •heilige gawes uit my huis verwyder en vir die Leviete, die vreemdelinge, die vaderloses en weduwees gegee in ooreenstemming met die volle opdrag wat U my gegee het. Ek het nie enige van u gebooie oortree nie, en ek het dit nie vergeet nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet jy daar by jou God die Here sê: ‘Ek het alles wat ek aan die Here moes wy, weggeneem uit my huis en ek het dit gegee vir die Leviete, die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees. Ek het gedoen wat U in al u wette gesê het. Ek was gehoorsaam aan al u wette, ek het u wette nie vergeet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet hardop sê: ‘Ek het die geskenk uit my huis wat aan die Here behoort, gevat. Ek het dit vir die mense wat die Here dien en in sy huis werk, asook vir die vreemdelinge en die weeskinders en weduwees gegee. Ek het alles gedoen nes U my beveel het, Here. Ek het niks wat U my beveel het, vergeet nie. |