Deuteronomy 26:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy al die tiendes van jou inkomste voltooi het in die derde jaar, dit is die jaar van tiende, en dit aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee het, dat hulle in jou poorte kan eet, en word gevul; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Elke derde jaar moet jy ’n spesiale tiende van jou oesopbrengs afstaan. Jy moet dit aan die Leviete, die vreemdelinge, weeskinders en weduwees gee sodat hulle genoeg kan hê om in hulle dorpe te eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy al die tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word. |
| Afrikaans 1983 | “Om die drie jaar is dit 'n jaar van tiendes. Dan moet jy 'n tiende van die opbrengs van jou land opsy sit. As jy dit opsy gesit het, moet jy dit gee aan die Leviet, die vreemdeling, die weeskind en die weduwee dat hulle in jou stede genoeg kan hê om te eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wanneer jy in die derde jaar, die jaar van die tiendes, die volle tiende van jou opbrengs klaar eenkant gesit en dit ook vir die Leviete, die vreemdelinge, die vaderloses en weduwees gegee het, en hulle eet en versadig raak in julle dorpe, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet elke derde jaar jou tiendes gee. Wanneer jy jou tiendes klaar apart gesit het, die tiendes van jou koring-oes wat jy in daardie jaar gekry het, dan moet jy dit gee vir die Leviete, die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees. Hulle moet dit eet in julle stede en hulle moet genoeg kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy moet elke derde jaar ’n spesiale tiende van jou oes vat. Hierdie tiende behoort aan die Here. Jy moet dit vir die mense wat in die huis van die Here werk en vir die vreemdelinge en die weeskinders en weduwees gee. As jy só maak, sal hulle ook genoeg hê om te eet. Dan sal niemand in een van jou stede honger ly nie. |