Deuteronomy 26:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet bly wees oor al die goeie dinge wat die HERE jou God aan jou en aan jou huis gegee het, jy en die Leviet en die vreemdeling wat onder jou is.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan dan en geniet al die goeie dinge wat die Here jou God aan jou en jou huishouding gee. Onthou om die Leviete en vreemdelinge wat onder jou woon ook by die feesvierings in te sluit.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die HERE jou God jou en jou huis gegee het; jy en die Leviet en die vreemdeling wat by jou is.
Afrikaans 1983 Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou huisgenote gee, jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou woon.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die Here jou God aan jou en jou huis gegee het – jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by julle woon, feesvier en julle moet al die goeie dinge geniet wat die Here vir jou en jou huisgesin gegee het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy klaar is, moet jy teruggaan na waar jy bly. Dan moet jy daar ’n groot fees vier omdat die Here jou God goeie dinge vir jou en jou huismense gegee het. Wees bly, want Hy is goed vir jou. Onthou net om ook vir die mense wat in die huis van die Here jou God werk, die kleinkinders van Levi, iets saam te bring. Doen ook goed aan die vreemdelinge. Deel die goeie dinge wat die Here vir jou gegee het met hulle. Laat hulle saam met jou feesvier en bly wees.”