Deuteronomy 26:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou, kyk, ek het die eerstelinge van die land gebring wat U, HERE, aan my gegee het. En jy moet dit voor die aangesig van die HERE jou God neersit en voor die aangesig van die HERE jou God neerbuig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek bring dan nou vir U, Here, die eerste opbrengs van die oes van die land wat U vir my gegee het.’ Dan moet jy dit voor die Here jou God neersit en Hom aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die land wat U, HERE, my gegee het. Dan moet jy dit neersit voor die aangesig van die HERE jou God en jou neerbuig voor die aangesig van die HERE jou God. |
| Afrikaans 1983 | Dit is die rede waarom ek nou die eerste opbrengs van die land wat deur die Here aan my gegee is, gebring het.’ Dan moet jy dit neersit in die teenwoordigheid van die Here jou God en Hom aanbid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hier het ek nou die eerste vrugte gebring van die grond wat U, Here, vir my gegee het.’ Sit dit dan voor die Here jou God neer en buig in aanbidding voor die Here jou God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En kyk nou hier, ek het die eerste vrugte gebring van die land wat die Here vir my gegee het.’ “Dan moet jy die mandjie voor die Here neersit en jy moet buig voor jou God die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom, Here, bring ek hierdie geskenk vir U. Dis maar net ’n ietsie van die baie wat U vir my gegee het. Ek bring dit van die eerste oes wat ek vanjaar in hierdie land afgehaal het.’ “Dan moet jy die geskenk voor die Here jou God neersit. Jy moet laag voor die Here buig en Hom dien. |