Deuteronomy 25:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal sy broer se vrou na hom toe kom voor die oudstes en sy skoen van sy voet losmaak en in sy gesig spuug en antwoord en sê: So sal dit gedoen word met daardie man wat sy broer se huis.
Afrikaans (NLV) 2011 moet die weduwee in die teenwoordigheid van die leiers oorstap na hom toe, sy sandaal uittrek en in sy gesig spoeg. Dan moet sy sê: ‘Dit is wat gebeur met ’n man wat weier om ’n nageslag vir sy broer te verwek.’
Afrikaans 1933/1953 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis van sy broer nie wil bou nie.
Afrikaans 1983 moet sy skoonsuster na hom toe kom en in die teenwoordigheid van die stadsleiers moet sy sy skoen uittrek en hom in die gesig spoeg en vir hom sê: ‘So sal dit gaan met die man wat nie vir sy broer 'n huis, 'n nageslag, wil bou nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan moet sy skoonsuster, ten aanskoue van die oudstes, na hom gaan, sy sandaal van sy voet aftrek, in sy gesig spuug en getuig en sê, ‘So word gemaak met die man wat nie sy broer se huis wil opbou nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet sy broer se vrou nader kom waar die leiers dit sien, en sy moet sy sandaal van sy voet afhaal. Sy moet in die man se gesig spoeg en sê: ‘Dit is wat 'n mens doen met 'n man wat nie vir sy broer wil help om 'n nageslag te kry nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet die weduwee oor hom stap waar hy plat op die grond lê. Sy moet sy sandaal uittrek en in sy gesig spoeg. Dan moet sy sê: ‘Dis wat gebeur met ’n man wat weier om ’n seun te hê by sy oorlede broer se weduwee.’