Deuteronomy 25:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die man nie daarvan hou om sy broer se vrou te neem nie, laat dan sy broer se vrou na die poort opgaan na die ouderlinge toe en sê: My man se broer weier om vir sy broer 'n naam in Israel op te wek, hy sal nie die plig nakom nie van my man se broer.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as die dooie man se broer weier om met die weduwee te trou, moet sy na die stadspoort toe gaan en daar vir die leiers sê: ‘My man se broer weier om sy broer se naam in Israel te laat voortleef. Hy weier om sy plig as swaer na te kom.’
Afrikaans 1933/1953 Maar as dit die man nie beval om sy skoonsuster te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê: My swaer weier om sy broer se naam in Israel in stand te hou; hy wil met my die swaershuwelik nie sluit nie --
Afrikaans 1983 As die broer nie met sy broer se weduwee wil trou nie, moet sy na die leiers in die stadspoort toe gaan en vir hulle sê: ‘My swaer weier om die naam van sy broer in Israel te laat voortleef. Hy weier om met my sy verantwoordelikheid na te kom teenoor sy broer.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as die man nie kans sien om sy skoonsuster as vrou te neem nie, moet sy na die oudstes in die poort gaan en vir hulle sê, ‘My swaer weier om vir sy broer 'n naam te laat voortleef in Israel. Hy wil nie sy plig as swaer met my nakom nie’,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as die broer van haar oorlede man nie met haar wil trou nie, dan moet sy na die poort gaan, na die leiers toe, en sy moet vir hulle sê: ‘My swaer wil nie hê dat die Israeliete die naam van sy broer moet onthou nie, hy wil nie met my trou nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar sê nou die tweede broer weier om met sy oorlede broer se weduwee te trou? Dan moet die weduwee na die ingang van die stad gaan waar die leiers van die stad sit. Sy moet vir hulle sê: ‘My oorlede man se broer weier om met my te trou en ’n kind by my te hê sodat my oorlede man onthou kan word. Hy weier om die regte ding te doen.’