Deuteronomy 25:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die eersgeborene wat sy baar, moet opvolg in die naam van sy broer wat dood is, sodat sy naam nie uit Israel uitgewis word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die eerste seun aan wie sy dan geboorte gee, sal beskou word as die seun van die oorlede broer sodat sy naam nie in Israel vergeet word nie.
Afrikaans 1933/1953 en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.
Afrikaans 1983 Haar eerste seun moet die naam van die afgestorwe broer dra sodat sy naam nie uit Israel uitsterf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die eersgebore seun wat sy in die wêreld bring, moet die naam van sy oorlede broer in stand hou, sodat sy naam nie uit Israel verdwyn nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die eerste seun wat sy kry, moet dan die naam kry van die broer wat gesterf het, sodat die Israeliete sy naam sal onthou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Haar eerste seun by haar nuwe man is dan eintlik die seun van haar eerste man. Só sal haar oorlede man nie deur die volgende geslag vergeet word nie. Sy naam sal in Israel onthou word.