Deuteronomy 25:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As broers saam woon en een van hulle sterf en het geen kind nie, mag die vrou van die oorledene nie sonder 'n vreemdeling trou nie; haar man se broer moet by haar ingaan en haar na hom as vrou neem en die plig nakom van 'n man se broer vir haar.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer twee broers saamwoon en een van hulle sterf sonder ’n seun, mag sy weduwee nie buite die familie trou nie. Haar man se broer moet met haar trou en die plig van ’n swaer nakom.
Afrikaans 1933/1953 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy 'n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite 'n vreemde man s'n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;
Afrikaans 1983 “Wanneer broers saamwoon, en een van hulle sterf sonder 'n seun, mag sy weduwee nie met 'n buitestaander trou nie. Haar man se broer moet met haar trou en so sy verantwoordelikheid nakom teenoor sy broer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As broers by mekaar woon en een van hulle sterf sonder dat hy 'n seun nalaat, dan mag die vrou van die oorledene nie buite die familie aan 'n vreemde man behoort nie. Haar swaer moet by haar ingaan, haar as sy vrou neem en sy plig as swaer nakom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer broers in dieselfde huis woon, en een van hulle sterf maar hy het nie 'n seun nie, dan mag sy weduwee nie trou met 'n man wat nie familie is van hulle nie. Haar man se broer moet met haar trou en hy moet haar man word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Twee broers bly dalk saam. Een van hulle gaan dood sonder dat sy vrou vir hom ’n seun gegee het. Sy vrou mag dan nie met iemand trou wat nie familie van haar oorlede man is nie. Nee, sy moet eerder met haar oorlede man se broer trou. Haar nuwe man moet dan ’n seun by haar hê wat na haar oorlede man vernoem kan word.