Deuteronomy 25:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Veertig slae mag hy hom gee, en nie meer as nie; dat as hy hom nie meer oorskry en hom met baie slae bo hierdie slae slaan, jou broer vir jou gemeen sou wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit mag nooit meer as 40 houe wees nie. Meer as 40 houe sal jou naaste in die openbaar verneder.
Afrikaans 1933/1953 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo die laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.
Afrikaans 1983 Hy mag nie meer as veertig houe kry nie, want as hy meer as dit kry, word jou volksgenoot voor jou oë verkleineer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Veertig houe mag hy hom laat toedien, nie meer as dit nie. Anders laat hy hom dalk baie meer houe as hierdie getal toedien, en word jou volksgenoot voor jou oë verkleineer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy mag 40 houe kry, nie meer nie. As hy meer as 40 houe kry, dan verneder hulle hom. Hulle moenie dit doen nie, want hy is ook 'n Israeliet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onder geen omstandighede mag jy iemand meer as 40 houe met ’n sambok laat slaan nie. As jy iemand meer as 40 houe slaan, verneder jy hom voor ander mense. Dis nie ’n goeie ding nie.