Deuteronomy 25:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, as die HERE jou God jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfdeel gee om dit in besit te neem, moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; jy sal dit nie vergeet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom, as die Here jou God jou rus gegee het van al jou vyande in die land wat Hy aan jou gee as ’n erfenis, moet jy die Amalekiete uitroei en hulle gedagtenis onder die hemel uitwis. Moet dit nooit vergeet nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer die Here jou God jou die oorwinning laat behaal het oor al jou vyande rondom jou en jy rustig woon in die land wat die Here jou God aan jou gee as jou eiendom en jy dit besit, moet jy die naam van Amalek van die aarde af uitwis. Jy mag nie vergeet om dit te doen nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer die Here jou God dan vir jou rus gee van al jou vyande rondom jou in die land wat die Here jou God vir jou gaan gee om as erfdeel in besit te neem, moet jy die naam Amalek onder die hemel uitwis. Jy mag dit nie vergeet nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle God die Here sal julle laat wen teen al julle vyande, oral in die land wat Hy vir julle gee om aan julle te behoort en om vir julleself te vat. Dan moet julle al die Amalekiete doodmaak, niemand op die aarde moet hulle onthou nie. Julle moenie vergeet om dit te doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom moet jy wag totdat jy die hele land oorwin het wat die Here jou God vir jou as ’n besitting gee om in te gaan woon. Dan moet jy die Amalekiete aanval en geen genade aan hulle betoon nie. Jy moet hulle vernietig. Niemand moet agterna aan hulle dink nie. Jy mag nie vergeet om dit te doen nie.” |