Deuteronomy 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe hy jou op die pad teëgekom en die agterste van jou getref het, al die swakkes agter jou, toe jy moeg en moeg was; en hy het God nie gevrees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het jou aangeval toe jy moeg en uitgeput was. Hulle het ook dié wat agtergeraak het, om die lewe gebring. Hulle het geen vrees vir God gehad nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het jou van agter af aangeval toe jy moeg en uitgeput was, en hy het almal wat nie kon byhou nie, om die lewe gebring sonder om hom aan God te steur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dat hulle jou op die pad oorval het, en almal wat agter jou uitgesak het, neergevel het; en dit terwyl jy moeg en uitgeput was. Hulle het God nie gevrees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle was agter julle en het julle aangeval toe julle swak en moeg was, hulle het die mense aangeval wat stadig geloop het omdat hulle moeg was. Die Amalekiete was nie bang vir God nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het julle aangeval toe julle op julle weerloosste was, toe julle honger en moeg was van die trek deur die woestyn. Hulle het almal wat langs die pad uitgesak het omdat hulle gedaan was, doodgemaak. Hulle het dit gedoen omdat hulle geen respek vir God gehad het nie. |