Deuteronomy 25:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want almal wat sulke dinge doen en almal wat onreg doen, is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense wat met oneerlike gewigte en maatbakke kul, is veragtelik vir die Here jou God.
Afrikaans 1933/1953 Want almal wat hierdie dinge doen, is 'n gruwel vir die HERE jou God -- almal wat onreg doen.
Afrikaans 1983 “Die Here jou God het 'n afsku van almal wat oneerlik is en ander bedrieg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, elkeen wat oneerlik optree, wat sulke dinge doen, is vir die Here jou God afstootlik.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die Here haat dit wanneer mense oneerlik is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy oneerlik is en mense in besigheidstransaksies bedrieg, doen jy iets wat baie sleg is. Onthou, die Here jou God sien dit raak.