Deuteronomy 25:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy moet 'n volmaakte en regverdige gewig hê, 'n volmaakte en regverdige maat moet jy hê, sodat jou dae verleng kan word in die land wat die HERE jou God jou gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Gebruik die regte gewigte en maatbakke sodat jy ’n lang lewe mag geniet in die land wat die Here jou God vir jou gee.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet 'n volle en regte gewig hê; jy moet 'n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
Afrikaans 1983 “Jy moet billik en regverdig afweeg en afmeet. Dan sal jy lank leef in die land wat deur die Here jou God aan jou gegee word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die gewigte wat jy gebruik, moet eg en reg wees; die efa wat jy gebruik, moet ook eg en reg wees, sodat jy lank kan leef op die grond wat die Here jou God vir jou gaan gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy lank wil lewe in die land wat jou God die Here vir jou gee, dan moet jy gewigte en mate gebruik wat reg en eerlik is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy in al jou besigheidstransaksies eerlik is, sal jy lank lewe in die land wat die Here jou God vir jou gee om in te gaan bly.