Deuteronomy 25:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As daar 'n twis tussen mense is, en hulle kom tot 'n oordeel, dat die regters hulle kan oordeel; dan sal hulle die regverdiges regverdig maak en die goddelose veroordeel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit kan wees dat twee mans ’n dispuut hof toe neem en die regters verklaar dat die een reg is en die ander een verkeerd.
Afrikaans 1933/1953 As daar tussen manne 'n twis is en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,
Afrikaans 1983 “Dit kan gebeur dat twee mans in 'n hofsaak betrokke raak en dat die regters uitspraak lewer en die een onskuldig verklaar en die ander een skuldig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As daar tussen manne 'n geskil is en hulle kom voor die regbank, en die regters vel die vonnis deur die regverdige gelyk te gee en die skuldige te veroordeel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesê: “Partymaal stry mense en hulle gaan hof toe, en die regter in die hof sê wie is onskuldig en wie is skuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê nou twee mans vat mekaar hof toe oor iets waaroor hulle nie saamstem nie. Die landdros bepaal wie reg is. Hy sê hierdie man wat reg gedoen het, is onskuldig en daardie man wat verkeerd gedoen het, is skuldig.