Deuteronomy 24:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pas op vir die plaag van melaatsheid, dat jy ywerig onderhou en doen net soos die Levietepriesters julle moet leer; soos Ek hulle beveel het, so moet julle sorgvuldig doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wees versigtig vir alle aansteeklike velsiektes en volg die instruksies van die Levitiese priesters. Gehoorsaam stiptelik die bevele wat ek vir hulle gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet versigtig wees as melaatsheid jou tref. Jy moet versigtig wees en presies doen wat die Levitiese priesters jou voorhou. Ek het hulle alles beveel, en jy moet versigtig wees en dit doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wees uiters versigtig in die geval van 'n uitbraak van huidsiekte om op te tree net soos die Levitiese priesters julle sal leer. Wat ek hulle beveel het, moet julle nougeset nakom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet versigtig wees wanneer iemand melaats is, julle moet alles doen wat die priesters uit die nageslag van Levi vir julle sê, julle moet doen soos ek vir hulle gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wees op die uitkyk vir velsiektes wat dalk onder mense voorkom. Party kan hoogs aansteeklik wees. Doen wat die mense wat in die huis van die Here werk jou aansê om te doen. Doen wat hulle jou beveel, want ek het vir hulle gesê wat om te doen. |