Deuteronomy 24:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As iemand gevind word wat een van sy broers van die kinders van Israel steel en hom handelsware maak of hom verkoop; dan sal daardie dief sterf; en jy moet die kwaad onder jou uit verwyder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand ’n mede-Israeliet ontvoer en hom as ’n slaaf gebruik of as ’n slaaf verkoop, moet die ontvoerder doodgemaak word. Julle moet die kwaad onder julle uitroei. |
| Afrikaans 1933/1953 | As iemand betrap word wat 'n persoon uit sy broers, uit die kinders van Israel, steel en hom hard behandel en hom verkoop, dan moet die dief sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer dit ontdek word dat iemand sy broer, 'n mede-Israeliet, gesteel het en hom as slaaf gebruik of verkoop het, moet die dief sterf. Jy moet hierdie soort kwaad tussen julle uitroei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ As 'n man betrap word dat hy een van sy volksgenote uit die Israeliete ontvoer, hom as sy eiendom beskou en die persoon verkoop, moet daardie ontvoerder sterf. Jy moet die kwaad by jou uitroei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle vang miskien iemand wat 'n ander Israeliet steel en wat hom 'n slaaf maak en hom verkoop. Daardie dief moet dan sterf. Julle mag nie saam met hom skuldig wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dalk gebeur dit dat iemand van die volk Israel een van sy eie mense roof. Hy behandel dan hierdie mens sleg en laat hom werk sonder om hom te betaal. Of hy verkoop hom aan iemand anders om as ’n huishulp sonder betaling te werk. So iemand moet jy summier doodmaak. Jy moet slegte dinge uit jou midde uitroei. |