Deuteronomy 24:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Niemand mag die onderste of die boonste meulsteen as pand neem nie, want hy neem die lewe van 'n mens om te pand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is verkeerd om ’n paar maalklippe, of selfs net die boonste maalklip, as pand te neem, want die eienaar gebruik dit om van te lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy neem die lewe as pand. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag nie iemand se twee maalklippe as pand neem nie, selfs nie die boonste maalklip nie, want dan vat jy sy daaglikse brood as pand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Niemand mag twee maalklippe, of net die boonste maalklip, as pand neem nie, want dit is die lewe self wat hy as pand neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy mag nie iemand se maalklippe of die boonste klip van sy koringmeul vat wanneer hy geld vir jou skuld nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Iemand kan iets by jou leen en jy hou iets van hom om seker te maak dat hy die goed terugbring wat hy geleen het. Dan mag jy nie een van die klippe hou wat hy gebruik om sy mielies mee te maal nie. Jy mag nie die boonste óf die onderste maalsteen vat nie. As jy dit doen, gaan hy honger ly. |