Deuteronomy 24:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Haar vorige man wat haar weggestuur het, mag haar nie weer vir hom as vrou neem nadat sy verontreinig is nie; want dit is 'n gruwel voor die aangesig van die HERE; en jy mag die land wat die HERE jou God jou as erfdeel gee, nie laat sondig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | mag die eerste man nie weer met haar trou nie, want sy is verontreinig. Dit sal iets afskuweliks wees vir die Here. Moenie skuld bring oor die land wat die Here jou God vir jou as ’n erfenis gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is 'n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie. |
| Afrikaans 1983 | mag haar eerste man wat haar weggestuur het, nie weer met haar trou nie. Sy is verontreinig, en as hy weer met haar trou, sal dit vir die Here iets afskuweliks wees. Jy mag nie die land wat die Here jou God vir jou as besitting sal gee, onder jou sonde laat ly nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dan het haar eerste man wat haar weggestuur het, nie die reg om haar weer as sy vrou te neem nadat sy verontreinig is nie. Want dit is iets afstootliks vir die Here, en jy mag nie die land wat die Here jou God vir jou as erfdeel gaan gee, in sonde laat verval nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan mag haar eerste man wat van haar geskei het, nie weer met haar trou nie. Sy het onrein geword en die Here sal nie daarvan hou dat sy weer trou met haar eerste man nie. Julle moenie sonde in die land bring nie, die land wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan mag haar eerste man onder geen omstandighede weer met haar trou nie. Sy is nie meer rein nie. As hulle weer trou, sal dit iets afgrysliks vir die Here wees. Julle mag nie die land wat die Here vir julle as ’n geskenk gee, vuil maak deur sulke slegte dinge te doen nie. |