Deuteronomy 24:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die laaste man haar haat en vir haar 'n skeibrief skryf en dit in haar hand gee en haar uit sy huis uitstuur; of as laasgenoemde man sterf, wat haar as sy vrou geneem het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die tweede man haar ook verwerp en ’n skeibrief gee of te sterwe kom, |
| Afrikaans 1933/1953 | en die laaste man haar haat en haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as die laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het -- |
| Afrikaans 1983 | As haar tweede man haar ook later nie meer liefhet nie en 'n skeibrief skryf en dit vir haar gee en haar uit sy huis uit wegstuur, of as haar tweede man sterf, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hierdie ander man kry 'n weersin in haar, skryf vir haar 'n skeibrief, gee dit in haar hand en stuur haar weg uit sy huis, of as hierdie ander man wat haar vir hom as vrou geneem het, sterf, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar die tweede man hou later ook nie meer van haar nie. Hy skryf vir haar 'n skeibrief en gee dit vir haar en sê sy moet weggaan uit sy huis. Of miskien sterf die tweede man met wie sy getrou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tweede man kan dan ook van haar skei of hy kan dalk doodgaan. |