Deuteronomy 24:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy die druiwe van jou wingerd pluk, mag jy dit later nie afoes nie: dit moet vir die vreemdeling, vir die wees en vir die weduwee wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is ook van toepassing op die druiwe in die wingerd. Moenie weer gaan druiwe afoes nadat hulle die eerste keer gepluk is nie. Laat daar van die druiwe vir die vreemdelinge, weeskinders en weduwees oorbly. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jy jou wingerd oes, mag jy nie agterna weer gaan oes nie. Wat agtergebly het, moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jy jou wingerd oes, mag jy nie die naoes agter jou afoes nie. Dit moet vir die vreemdelinge, vaderloses en weduwees agterbly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jy die druiwe in jou wingerd pluk, dan mag jy nie weer gaan om die trosse te pluk wat agter jou oorgebly het nie. Jy moet dit daar los vir die vreemdeling en die weeskind en die weduwee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak ook so wanneer jy druiwe in jou wingerd pluk. Moenie nog ’n keer deur die wingerd gaan en al die trosse oes wat agtergebly het nie. Los van die beste druiwe agter sodat die vreemdelinge en weeskinders en die weduwees dit kan vat. Hulle moet daarvan leef. |