Deuteronomy 24:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer jy jou olyfboom slaan, mag jy nie weer oor die takke gaan nie: dit moet wees vir die vreemdeling, vir die wees en vir die weduwee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer jy olywe afslaan van jou olyfbome, moenie dit vir ’n tweede keer doen nie. Laat daar olywe oorbly vir die vreemdelinge, weeskinders en weduwees. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rond soek nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jy olywe afslaan van jou olyfboom af, mag jy nie agterna weer gaan afslaan nie. Wat agtergebly het, moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer jy jou olywe afslaan, mag jy nie die takke deursoek waar jy klaar is nie. Dit moet vir die vreemdelinge, vaderloses en weduwees agterbly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jy die vrugte van jou olyfbome afslaan, dan mag jy nie weer gaan om die olywe te pluk wat agter jou oorgebly het nie. Jy moet dit daar los vir die vreemdeling en die weeskind en die weduwee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak net so as jy die olywe van jou olyfbome afslaan. Moenie nog ’n keer tussen die bome deurloop om te kyk of daar nie dalk ’n olyf agtergebly het nie. Los party van die vrugte doelbewus aan die bome sodat die vreemdelinge en die weeskinders en weduwees dit kan kom pluk. |